Die profeet Jesaja het
die Here aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds teen die trap van
Agas afgesak het, tien trappe laat terugskuif
Bedieningsplan van 'Minus10° Tienerbediening'
-10°
bereik die Visie en Misie deur:
Die
Reach4Life proses op
’n kreatiewe manier te gebruik om tieners weer lief te maak
vir
die Woord van God as hul enigste norm vir die lewe;
Met
stil-word geleenthede tieners te begelei om meer dikwels na Jesus te
luister as oor Hom en met Hom te praat;
In
’n leierskap
proses tieners te begelei tot ’n dieper persoonlike
verhouding
met Jesus; karakter ontwikkeling en die aankweek van leierskap
vaardighede.
’n
Positiewe
Seksualiteit program tieners te help om verantwoordelike, Bybelse
keuses ten opsigte van hul eie seksualiteit en seksuele gedrag te maak
en
Die
verhouding tussen tieners en hul ouers te verryk.